Fostec P12 Produkbeskrywing

BELANGRIKHEID VAN FOSFOR

Fosfor is ‘n uiters belangrike element. Ongeveer 80% van fosfor in die liggaam word in die beenstelsel gevind. Tydens liggaamstekorte word dit saam met kalsium uit die beenstelsel onttrek om in die liggaamsbehoefte te voorsien. Dit is dus belangrik dat die fosforvlakke in die liggaam op standaard gehou moet word om ernstige newe-effekte soos stadige groei, gewigsverlies en lae voortplanting as gevolg van fosfortekorte te voorkom.

FOSFOR IN DIEREVOEDING

Oor die algemeen is daar ‘n tekort aan die nodige fosfate in die grond en grasvelde van Suid-Afrika. Navorsing het bewys dat fosfaatbyvoeging noodsaaklik is vir goeie groei sowel as goeie
voortplanting wanneer weivelde ‘n tekort aan fosfate het. ‘n Belangrike bron van fosfor in die dieet van plaasdiere is voerfosfate wat die verskil aanvul tussen die aanbevole voedingstowwe en dié beskikbaar op normale weiding.

FOSTEC P12

FOSTEC P12, beskikbaar in oranjekleurige 50kg-sakke, is ‘n fosfaat-spoormineraalkonsentraat wat die noodsaaklike spoorminerale in die regte verhouding tot fosfor bevat.

HOOF VOORDELE VAN FOSTEC P12

1. KALSIUM/FOSFOR VERHOUDING 1,1:1
Weidings in Suid-Afrika het hoë vlakke van kalsium, met ‘n Ca:P verhouding van 14:1 wat in sommige dele voorkom. Dit is dus belangrik om die kalsium inname van plaasdiere tot ‘n minimum te beperk om nie die Ca:P verhouding verder te versteur nie. FOSTEC P12 is die enigste voerfosfaat beskikbaar in Suid-Afrika met ‘n Ca:P verhouding van 1,1:1.

2. LAAGSTE FLUORIED VLAKKE
Fluoried kan geklassifiseer word as een van die potensieel giftige minerale vir voeding van lewende hawe. Die mees belangrike oorsaak van wydverspreide fluorosis in Suid-Afrika is die besmetting van ondergrondse boorgatwater. Hierdie besmetting word dikwels veroorsaak deur gips wat toegevoeg word tot brakgrond in die lae reënvalstreke van die land. Dit is daarom van die uiterste belang om enige addisionele inname van fluoried te verminder. FOSTEC P12 het die laagste vlakke van fluoried in vergelyking met al die ander beskikbare voerfosfate.

3. MEDEDINGENDE PRYS
Nie net is die produk-eienskappe van FOSTEC P12 uitstaande nie, die produk se prys is ook baie mededingend. Dit maak dit moontlik vir produsente van lewende hawe om maksimum winsgrens te behou.

TEGNIESE SPESIFIKASIES

  SAMESTELLING
 Fosfor (min) 120 g/kg
 Kalsium (maks) 130 g/kg
 Ca:P 1,1:1
 Yster (maks) 1500 mg/kg
 Koper (maks) 300 mg/kg
 Mangaan (maks) 1200 mg/kg
 Sink (maks) 1200 mg/kg
Kobalt (maks)6 mg/kg
Jodium (maks)12 mg/kg
Selenium (maks)6 mg/kg
Silika Dioksied (min)150 mg/kg
Diaomiet (min)200 mg/kg

 

Fostec P12 bevat minimum spoor van koolstof
Reg. Nr. V15440 Wet 36/1947

Aanbevole voer

Meng 50 kg Fostec P12 met 50 kg veesout. Voer volgens behoefte vir beeste en/of skape op somerweiding of hoë kwaliteit voer.

Aanbevole inname van Fostec P12/soutmengsel (lek/dier/dag)

 Diersoort BeesSkaap
 Nie-lakterend, volwasse 135g18g
 Groeiend, laat dragtig 135g 22g
 Lakterend 200g 36g